Consciously Christian

Home » Uncategorized » OPE VRAE AAN “REGSE” FAMILIELEDE en ander wat soos hulle dink

OPE VRAE AAN “REGSE” FAMILIELEDE en ander wat soos hulle dink

Ek het eers gedink ek wil ‘n lang relaas skryf, met filosofiese benadering en mymeringe, uitgebreide argumente, intellektuele redenering…en toe dink ek – gaan iemand dit lees? Gaan iemand my daarvan beskuldig dat ek al weer probeer om my slim te hou? Sal die kwaai tannies my beveel om stil te bly en my te gedra?

So, nou wil ek graag eerlike en deurdagte antwoorde op die volgende vrae he, aangesien die vrae eerlik en opreg en weldeurdag is:

1. Waar in die Bybel sien julle dis OK om rassisties te wees?

2. Waarop baseer julle julle gevoel van rassemeerderwaardigheid?

3. Hoekom bewonder julle ‘n common vrou – wat nie kan sing nie, en haar pa kon ook nie -wat deur hoeveel mans is, haarself kru uitdruk en ‘n vreesaanjaende gebrek aan intelligente gevolgtrekkings en redevoering toon?

4. Watter “payback” is daar vir julle sienings, die verwoording van haat en veragting, en die verloening van Christelike beginsels soos deur Jesus gepreek? Wat daarvan laat julle goed, meerderwaardig, vooruitstrewend voel? Hoe dra dit by tot julle persoonlike ontwikkeling en evolusie?

5. Wat is julle bang om te verloor as julle julself oopmaak vir nuwe verhoudinge en kulturele ervaringe? My ma het eenmaal gesnik: “Ek kan nie verstaan hoe jy jou rug op jou mense kan draai nie.” Ek hoop sy verstaan nou beter dat om jou arms wyer oop te maak nie beteken dat jy jou rug draai op ENIGIEMAND nie. So wat is dit waaraan julle vasklou en bang is om te verloor?

Enige redelike, Bybelgebaseerde, nie-aggressiewe reaksie word verwelkom. 

 

 

 

 

 


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: